TEL: +27 (0) 21 855 0821

SPURWING ISLAND

Matusadona Nasionale Park Kariba Zimbabwe

BOOKINGS & PRICES

ZIMBABWE ACCOM

OTHER LODGE

COMMENTS

SEND E-MAIL

AFRIKAANS 

TEMBA HOME

LINKS

GPS: 16 43 85.00S, 28 41 52.50E
TEL: +27 (0) 21 855 0821 


Spurwing Island Lodge in die Kariba-meer in Zimbabwe is die perfekte plek indien jy soek na ‘n vakansie van gesins-aktiwiteite, rus en ontspanning. Ernstige wildkykers en hengelaars wat die Kariba-gebied in Zimbabwe besoek geniet dit egter ook om by die Spurwing Island Lodge tuis te gaan.

By Spurwing Island is daar ‘n verskeidenheid akkommodasie wat alles oor die Kariba-meer en die nabygeleë Matusadona Nasionale Park uitkyk. Daar kan ‘n maksimum van 40 volwassenes gehuisves word, maar as jy egter nog vriende en familie wil saamnooi Spurwing Island toe, kan dit gereël word.

Daar is 11 tente, elk met twee oprits-ingange. Die een ingang gaan uit op ‘n klein stoepie, waar jy gerus kan sit en kyk na die pragtige omgewing. Die ander toerits-ingang gaan uit in ‘n en suite badkamer. Alle tente by Spurwing Island is toegerus met enkelbeddens, ‘n spieëltafel, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Twee van die tente kan in ‘n dubbeltent verander word om ‘n gesin te huisves.

Spurwing Island het ook ses kliphuisies, elk met grasdak en stoep. Almal is en-suite en toegerus met enkelbeddens, kaste, spieëltafels, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Ekstra beddens kan vir kinders voorsien word.

Dan is daar nog drie chalets op Spurwing Island. Die chalets is van klip en het grasdakke, is en-suite met afsonderlike stort en is toegerus met enkelbeddens, kaste, spieëltafels, waaier, muskietnette en 220V AC proppe. Die chalets het Franse deure wat op die stoep uitloop.

Spurwing Island maak deel van die Matusadona Nasionale Park uit en bied dus talle uitstekende geleenthede om wild soos jagluiperds, leeus, luipers, olifante, seekoeie, buffels, talle boksoorte en meer as 400 voëlspesies te besigtig. Gaste by Spurwing Island kan ook wildbesigtiging in die Matusadona Nasionale Park doen met behulp van begeleide boot-, safarivoertuig- of stap-ekspedisies. As jy die Matusadona-berge vanuit ‘n ander, baie dramatiese hoek wil sien, neem ‘n motorboot-safari na die Sanyati Gorge.

Hengel is een van die hoof-aktiwiteite by Spurwing Island en jy kan toerusting by die Lodge huur. ‘n Ervare bootsman sal jou help om die perfekte plek te kry om daardie ontwykende tiervis te vang. Die chefs van die Spurwing Island Lodge sal jou vangs voorberei, of as jy tuis met jou vangs wil gaan spog, kan jy die vis vries.

Spurwing Island het ‘n swembad, snuisterywinkel, tennisbaan, TV op die sentrale terras, biljarttafel, speelgrond, veerpyltjies, wasgoeddiens en kroeg. ‘n Elektriese heining verskaf sekuriteit.

  

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

indien jy vir 'n nag of twee in kariba wil vertoef voordat jy Spurwing Eiland besoek oorweeg gerus die Cutty Sark Hotel. Die hotel is bekostigbaar en van redelike standaard.

In teenstelling met die hitte van Kariba is die Oostelike Hooglande van Zimbabwe altyd koel. Die Troutbeck Inn Hotel is 'n familie bestemming naby Nyanga in die oostelike hooglande.

Dit sal jou ongeveer 9 ure neem om van Spurwing eiland tot by die Churchill Hotel by Bulawayo's te ry.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Die Caprivi is gewoonlik baie gewild onder die gaste van Spurwing eiland. jy kan al jou lodges en hotelle in die Caprivi by Caprivi akkommodasie bespreek. Dit sluit bestemmings soos Mazambala Island Lodge wat op 'n eiland in die Kwando Rivier geleë is of die gewilde Ngepi Kamp op die oewers van die Kavango of Okavango Rivier. Vanaf die Caprivi sal jy waarskynlik na Etosha gaan waar jy in Namutoni Ruskamp kan bly. dit Lodge is in die Ooste van die park en minstens drie dae se ry van spurwing Eiland.

Keetmanshoop is die grootste dorp in die suide van namibië. Net buite die dorp is die Kokerboom woud met sy uitsonderlike plantegroei en rotsformasies. Die Kokerboom woud Ruskamp is die beste plek om te oornag in die area.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Spurwing Island is 'n eko-toersime bestemming en beveel daarom ook graag ander soortgelyke bestemming aan. Khama Renoster Park naby Serowe is 'n projek wat ons sterk aanbeveel.  Hulle bied uitstekende selfsorg akkommodasie terwyl hul die leiding neem indie bewaring van renosters in Botswana. Thapama Hotel in Francistown is die luukste hotel in die gedeelte van Botswana.